Skip to content

Tennis: Ben Shelton en Victoria Mboko is die Kanadese Ope-kampioene

# Tennis: Die 22-jarige Amerikaner Ben Shelton en die 18-jarige Kanadese promotorskeuse, Victoria Mboko, is vanjaar se kampioene van die Kanadese Ope. Shelton was ʼn stel agter, maar het ingehaal en die Rus, Karen Khachanov, in Toronto verslaan om sy eerste ATP Meesters-een-duisend-titel te buit. In die vroueafdeling in Montreal het Mboko die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka van Japan, geklop om haar eerste WTA-toer-titel op te raap. Mboko het met hierdie oorwinning met 51 plekke opgeskuif na 34ste op die wêreldranglys.