# Tennis: Die beheerliggaam van die beroeps-manspel, die ATP, sal ‘n amptelike hitte-reël oorweeg na ‘n aantal uittredes uit die Sjanghaise Meesterstoernooi in China hierdie week. Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner van Italië, is gedwing om handdoek in te gooi weens erge krampe, terwyl spelers soos Casper Ruud van Norweë, David Goffin van België en die Fransman Terence Atmane ook hulle wedstryde prysgegee het weens temperature van bo 30-grade Celcius en vogtigheid van 80-persent. Die ATP sê hy is bereid om die bestaande hitte-reëls aan te pas.
Tennis: ATP oorweeg verandering van hitte-reëls weens bloedige warm Sjanghaise Meesters