# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, speel môre teen die Amerikaner Jessica Pegula in die Miami Ope se eindstryd. Sabalenka het Jasmine Paolini van Italië afgeransel terwyl Pegula die Filippynse tiener, Alexandra Eala, se sprokies-segetog beëindig het. In die mansafdeling het die Serwiër Novak Djokovic na die halfeindronde deurgedring met sy oorwinning oor die Amerikaner Sebastian Korda. Nog ʼn Amerikaner, Taylor Fritz, die ongekeurde Tsjeg Jakub Mensik, en die Bulgaar Grigor Dimitrov is ook deur na die halfeindronde.
Tennis: Aryna Sabalenka en Jessica Pegula spook sake uit in Miami Ope-eindstryd