#Tennis: Die hemp wat die voormalige wêreld-nommer-een, Andy Murray, gedra het toe hy Wimbledon 12-jaar gelede gewen het, word aanlyn opgeveil. Murray het die eerste plaaslike manskampioen in 77-jaar geword toe hy Novak Djokovic van Serwië in 2013 se eindstryd geklop het. Daar word verwag dat die hemp tot 190-duisend-rand kan haal. Die net wat in 2010 se wedstryd tussen die Amerikaner John Isner en die Fransman Nicolas Mahut gebruik is, word ook opgeveil. Die wedstryd van 11-uur-vyf minute is die langse in die geskiedenis van beroepstennis.
Tennis: Andy Murray se hemp en net van geskiedkundige Wimbledon-wedstryd word opgeveil