Skip to content

Tennis: Amerikaanse Ope se prysgeld van R1,74-miljard is grootste in Grand Slam-geskiedenis

# Tennis: Die algehele prysgeld van vanjaar se Amerikaanse Ope beloop 1,74-miljard-rand, wat die grootste vergoedingspakket in die sport se geskiedenis is. Dis 20-persent meer as verlede jaar. Die twee enkelspelkampioene ontvang elk 88,4-miljoen-rand, en eersteronde-verloorders 2,25-miljoen-rand – die grootste bedrag in die geskiedenis vir spelers wat bloot die hooftrekking gehaal het. Die pakket sluit ook ʼn nuwe speler-ondersteuningsprogram in. Die uitvoerende hoof van die Amerikaanse tennisvereniging, Craig Tiley, sê hulle is trots om die rekord-prysgeld aan te bied en spelers se voordele uit te brei.