Skip to content

Tennis: Alcaraz wen tweede Queen’s-titel terwyl Bublik in Halle Ope koning kraai

# Tennis: Die wêreld-nommer-twee Carlos Alcaraz het die Tsjeg, Jiri Lehecka, verslaan om sy tweede Queen’s Club-titel in Londen op te raap. Die 22-jarige Spanjaard spog nou met sy vyfde titel van die seisoen en 21ste van sy loopbaan. In Duitsland het Alexander Bublik van Kasakstan met die Rus, Daniil Medvedev, afgereken en die Halle Ope die tweede keer gewen. Die 27-jarige Bublik is slegs die vierde speler in die toernooi se geskiedenis van 32 jaar wat die titel meer as een keer kon wen.