Skip to content

Tennis: Alcaraz wen openingswedstryd van Japanse Ope ten spyte van enkelbesering

# Tennis: Die wêreld se nommer-een, Carlos Alcaraz, het ten spyte van ‘n enkelbesering die Argentyn Sebastian Baez met 6-4, 6-2 in sy openingswedstryd van die Japanse Ope in Tokio geklop. Hy het op die baan neergesak nadat hy die bal in die vyfde pot van die eerste stel gejaag het, en vir ‘n paar minute op die baan bly sit. Die Spanjaard se linker-enkel is tydens ‘n mediese pouse swaar verbind, voor hy verder kon speel. Die wedstryd is vir nog ‘n halfuur vertraag terwyl die organiseerders die dak moes toemaak nadat dit begin reën het.