Skip to content

Tennis: Alcaraz veg terug vir plek in halfeindronde in Monte Carlo

# Tennis: Carlos Alcaraz het teruggeveg nadat hy ’n stel agter geloop het om Franse opkomende ster Arthur Fils te verslaan in ’n spanningsvolle Monte Carlo Meesters-kwarteindstryd gister. Met sy oog op sy eerste meesterstitel sedert hy die Indian Wells verlede jaar gewen het, het die viermalige grand slam kampioen drie breekpunte in die 11de pot van die tweede stel afgeweer op pad na ’n dramatiese 4-6, 7-5, 6-3 oorwinning. Hy kom vandag teen die ongekeurde mede-Spanjaard Alejandro Davidovich Fokina te staan vir ‘n plek in die eindstryd.