Skip to content

Tennis: Alcaraz steeds op koers om Sondag weer die wêreld-nommer-een te word

# Tennis: Die plaaslike held, Carlos Alcaraz, is steeds op koers om weer wêreld-nommer-een te word wanneer die Barcelona-ope in Spanje Sondag afsluit. Hy moes die posisie aan Jannik Sinner prysgee toe die Italianer hom verlede naweek in die eindstryd van die Monte-Carlo-meesterstoernooi in Monaco geklop het. Alcaraz het die Finse kwalifiseerder Otto Virtanen maklik geklop in sy eerste wedstryd en speel volgende teen Tomas Machac van die Tsjeggiese Republiek​​​. Sinner speel nie dié week nie en sal na verwagting volgende week in Madrid na die baan terugkeer.