# Tennis: Carlos Alcaraz begin die verdediging van sy Franse Ope-titel teen Kei Nishikori van Japan en Jannik Sinner speel teen die plaaslike speler Arthur Rinderknech. Novak Djokovic begin sy strewe vir ‘n 25ste Grand Slam-titel teen die Amerikaner Mackenzie McDonald. Verlede jaar se naaswenner, Alexander Zverev, pak die Amerikaanse tiener Learner Tien. Daar lê ‘n moeilike pad voor vir Iga Swiatek om ‘n vierde agtereenvolgende titel te wen. Sy is geloot saam met verlede jaar se naaswenner, Jasmine Paolini, die voormalige kampioen Jelena Ostapenko en 2022 se Wimbledon-kampioen, Elena Rybakina.
Tennis: Alcaraz speel teen Nishikori in eerste ronde van Franse Ope