Skip to content

Tennis: Alcaraz se deelname aan Franse Ope in weegskaal na polsbesering

# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, sê hy gaan eerder sy polsgewrig tyd gee om te genees as om sy titel op die Franse Ope te verdedig. Die sewemalige Grand Slam-kampioen het sy pols vroeër die maand beseer in sy eerste wedstryd op die Barcelona-ope, waarna hy aan die toernooi onttrek het. Alcaraz sê hy wag op die uitslag van mediese toetse wat sal bepaal of hy kan deelneem op Roland Garros, waar hy die tweemalige verdedigende kampioen is. Hy sê hy bly hoopvol en geduldig.