Skip to content

Tennis: Alcaraz, Ruud en Tsitsipas deur na Barcelona Ope se ronde van 16

# Tennis: Die tweemalige kampioen, Carlos Alcaraz is deur na die Barcelona Ope se ronde van 16. Die 21-jarige Spanjaard het die Amerikaanse kwalifiseerder, Ethan Quinn geklop om sy wenlopie in die toernooi tot elf uit te brei. Die verdedigende kampioen en wêreld-nommer-tien van Noorweë, Casper Ruud, het die Colombiaan, Daniel Elahi Galan verslaan terwyl verlede jaar se naaswenner, Stefanos Tsitsipas van Griekeland met die Amerikaner Reilly Opelka afgereken het. Karen Khachanov van Rusland het die Brit, Cameron Norrie getroef.