Skip to content

Tennis: Alcaraz pak Rune in die eindstryd van die Barcelona Ope

# Tennis: Dit is die stryd van die 21-jariges wanneer Spanje se Carlos Alcaraz en die Deen Holger Rune in die eindstryd van die Barcelona Ope speel. Alcaraz het gemaklik tot sy derde Barcelona Ope eindstryd deurgedring nadat hy 6-2, 6-4 met Arthur Fils afgereken het. Alcaraz is hierdie seisoen onoorwonne op kleibane. Hy het laas in 2021 in Barcelona verloor en die toernooi in 2022 en 2023 gewen. Hy het verlede jaar se toernooi weens ‘n armbesering misgeloop. Vroeër het die wêreld se nommer 13, Rune, vir Karen Khachanov met 6-3, 6-2 geklop.