# Tennis: Carlos Alcaraz van Spanje het opnuut respek gekry vir sy beroemde landgenoot, Rafael Nadal, tydens Europa se moordende kleibaanseisoen. Die wêreld-nommer-twee het teen die Deen Holger Rune verloor in die eindstryd van die Bacelona-ope nadat hy verlede week die Monte-Carlo-meesterstoernooi gewen het. Alcaraz gaan ook dié week aan nog ‘n toernooi in sy vaderland deelneem – die Madridse Ope. Die kleibaanseisoen sluit af met die Franse Ope, wat Nadal ‘n rekord-14 keer gewen het. Alcaraz sê dis moeilik om binne dae by ‘n volgende toernooi aan te pas.
Tennis: Alcaraz kry nuwe respek vir Nadal weens moordende Europese kleibaanseisoen