# Tennis: Wêreld nommer een, Carlos Alcaraz, is die Japanese Ope-kampioen. Die Spanjaard het die bordjies verhang na sy onlangse nederlaag in die Laver-beker toe hy die Amerikaner, Taylor Fritz in skoon stelle verslaan het in Tokio om sy agtste titel van die seisoen te wen. In Beijing, het wêreld nommer twee, Jannik Sinner, die Australiër, Alex de Minaur, geklop om die eindstryd van die China Ope te bereik. Die Italianer speel môre teen Learner Tien nadat die Rus, Daniil Medvedev in die derde stel van hul halfeindstryd weens ‘n besering moes onttrek.
Tennis: Alcaraz is kampioen in Tokio, Sinner in eindstryd in Beijing