Skip to content

Tennis: Alcaraz en Zverev se voormalige afrigter sluit by Shelton se kamp aan

# Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Juan Carlos Ferrero, het by Ben Shelton se kamp aangesluit nadat hy voorheen sy Spaanse landgenoot, Carlos Alcaraz, en die Duitser Alexander Zverev afgerig het. Die 24-jarige Amerikaner is tans vierde op die wêreldranglys. Die 46-jarige Ferrero het Alcaraz in 2019 op 16-jarige ouderdeom begin afrig en tot verlede jaar gehelp om twee Franse Ope-, twee Wimbledon-, twee Amerikaanse Ope en agt Meesters-Eenduisend-titels te verower. Shelton het Alcaraz in die kwarteindronde van vanjaar se Amerikaanse Ope geklop voor hy in die eindstryd teen Zverev verloor het.