Skip to content

Tennis: Alcaraz en Swiatek is Cincinnati Ope se kampioene

# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, het sy eerste Cincinnati Ope gewen nadat die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, na slegs 23 minute aan die eindstryd moes onttrek. Die Italianer was stroop-5 agter toe hy ʼn dokter ontbied het, maar hy kon nie voortgaan nie. In die vroueafdeling het die Wimbledon-kampioen, Iga Swiatek, met die Italianer, Jasmine Paolini, afgereken en haar eerste Cincinnati Ope-titel gebuit. Sy is die eerste Poolse speler in die Ope-era wat ʼn enkelspeltitel in die toernooi wen.