# Tennis: Die wêreld-nommer-een en verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, is deur na die Monte Carlo Meesters se kwarteindronde nadat hy met die Argentyn, Tomas Martin Etcheverry, afgereken het. Jannik Sinner van Italië kan moontlik weer sy plek as wêreld-nommer-een inneem nadat hy die Tsjeg, Tomas Machac, verslaan het. Valentin Vacherot is die eerste Monegask in die Ope-era wat die laaste agt in Monte Carlo haal nadat hy die wêreld-nommer-ses, Hubert Hurkacz van Pole, geklop het.
Tennis: Alcaraz en Sinner is deur na die kwarteindronde by Monte Carlo