Skip to content

Tennis: Alcaraz en Sabalenka deur na Wimbledon-kwarteindronde

# Tennis: Die tweemalige verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, is deur na Wimbledon se kwarteindronde. Die Spanjaard het na ʼn taai stryd met die Rus Andrey Rublev afgereken en speel nou teen die Brit Cameron Norrie, wat die Chileense kwalifiseerder Nicolas Jarry in vyf stelle verslaan het. Taylor Fritz van Amerika het die kwarteindronde gehaal nadat sy Australiese teenstander, Jordan Thompson, weens ʼn besering onttrek het. In die vroueafdeling het die topgekeurde Aryna Sabalenka van Belarus die Belg Elise Mertens verslaan om na die kwarteindronde deur te dring.