# Tennis: Dié week se Madridse Ope in Spanje moet sonder die plaaslike held Carlos Alcaraz en die driemalige kampioen Novak Djokovic van Serwië klaarkom. Hulle het weens beserings onttrek, wat vrese oor hul fiksheid laat ontstaan voor die kleibaan-Grand Slam-toernooi, die Franse Ope, wat op 24 Mei begin. Alcaraz het ‘n polsbesering opgedoen tydens verlede week se Barcelona Ope, en Djovic is reeds buite aksie sedert hy verlede maand ‘n skouerbesering opgedoen het. Na Madrid verskuif die kleibaanseisoen na Rome en dan na Roland Garros in Parys.
Tennis: Alcaraz en Djokovic sal albei die Madridse Ope misloop