Skip to content

Tennis: Alcaraz en Djokovic dring deur na Amerikaanse Ope se kwarteindronde

# Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, is deur na die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope nadat hy Arthur Rinderknech van Frankryk geklop het. Die 38-jarige Serwiër, Novak Djokovic, het die Duitse kwalifiseerder, Jan-Lennard Struff, maklik verslaan om die oudste man in die geskiedenis te word wat die kwarteindronde van al vier Grand Slam-toernooie se enkelspel in een seisoen kon haal. In die vroueafdeling is wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, deur na haar vyfde agtereenvolgende kwarteindronde nadat sy met Cristina Bucsa van Spanje afgereken het.