Skip to content

Tennis: Alcaraz deur na kwarteindronde van Italiaanse Ope met naelskraap-oorwinning oor Khachanov

# Tennis: Carlos Alcaraz het die kwarteindronde van die Italiaanse Ope bereik. Hy mik steeds na eerste titel in Rome nadat hy die Rus Karen Khachanov met 6-3, 3-6, 7-5 geklop het. Die derde gekeurde Spanjaard het nog nooit vantevore ’n stel teen Khachanov in hul vorige vier ontmoetings afgstaan nie. Alcaraz moet die halfeindronde haal, nie net vir ’n kans op sy derde titel van die seisoen nie, maar ook om ‘n plek onder die twee topgekeurdes vir die Franse Ope te verseker, wat later vandeesmaand begin.