Skip to content

Tennis: Alcaraz deur na die ronde van 16 by Queen’s Club terwyl Fritz en Shelton uit is

# Tennis: Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz is deur na die ronde van 16 by Queens Club. Die Spanjaard het die Australiër Adam Walton geklop vir ‘n kragmeting teen sy landgenoot Jaume Munar. Die Amerikaner Taylor Fritz, wat pas die Stuttgart Ope gewen het, is deur Corentin Moutet van Frankryk in drie stelle verslaan. Nog ‘n Amerikaner, Ben Shelton is deur Arthur Rinderknech van Frankryk geklop.