# Tennis: Die vyfmalige Grand Slam-kampioen Carlos Alcaraz is deur na die vierde ronde van die Cincinnati-ope. Die Spanjaard het die Serwiër Hamad Medjedovic geklop in sy 50ste oorwinning van die seisoen. Andrey Rublev van Rusland het die Australiër Alexei Popyrin in drie stelle geklop. In die vroue-afdeling is die Amerikaner Coco Gauff deur na die laaste sestien toe haar teenstander, Dayana Yastremska van Oekraïne, weens siekte moes onttrek. Die Italianer Jasmine Paolini en die Tsjeg Barbora Krejcikova is ook deur na die ronde van 16.
Tennis: Alcaraz behaal sy 50ste sege die seisoen en sit sy veldtog by Cincinnati voort