# Tennis: Carlos Alcaraz begin die verdediging van sy Wimbledon-titel teen Fabio Fognini nadat die loting vandag gedoen is. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, kan moontlik in ‘n halfeindstryd teen Novak Djokovic speel. Alcaraz het Djokovic in die laaste twee eindstryde kafgedraf en 18 agtereenvolgende oorwinnings behaal op pad na Wimbledon. Die Spanjaard hoop om slegs die vyfde man te word om drie agtereenvolgende Wimbledon-titels te wen. In die vroue-afdeling begin die verdedigende kampioen, Barbora Krejcikova, haar veldtog op die hoofbaan teen die opkomende ster, Alexandra Eala.
Tennis: Alcaraz begin verdediging van Wimbledon-titel teen Fabio Fognini