Skip to content

Tennis: Aanlyn teistering van spelers het in die eerste week van Wimbledon amper viervierdubbel

# Tennis: Aanlyn teistering van spelers het byna vervierdubbel gedurende die eerste week van Wimbledon teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. BBC Sport berig dat een-duisend-902 beledigende boodskappe aan spelers gestuur is op openbare rekeninge teenoor 511 in 2024. Die tweemalige-kampioen, Carlos Alcazaz van Spanje, sê hy het wrede sosiale media-boodskappe ontvang nadat hy in Sondag se eindstryd teen die Italiaanse wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, verloor het. Die vroue-naaswenner, Amanda Anisimova, sê sy was te bang om na haar foon te kyk nadat sy 6-stroop, 6-stroop teen Iga Swiatek van Pole verloor het.