Skip to content

Ten minste 34 mense sterf in ontploffing in farmaseutiese fabriek in Indië

# Tientalle mense is dood in ‘n reuse-ontploffing en brand in ‘n farmaseutiese fabriek in die suidelike Indiese staat Telangana. Nuusagentskappe berig die voorval het tydens werksure by Sigachi Industries plaasgevind en verskeie mense is beseer. Van hulle is in ‘n bedenklike toestand. ‘n Senior polisiebeampte het aan Press Trust of India gesê 31 liggame is onder die puin uitgehaal en drie mense is in die hospitaal dood. Die dodetal sal na verwagting verder styg. ‘n Woordvoerder sê fyn chemiese stowwe in die lug het die tragedie bespoedig.