# Ten minste 248 mense is dood in Sweida, ‘n suidelike provinsie in Sirië, na dae van gevegte wat gelei het tot die ontplooiing van regeringsmagte. Volgens die Syrian Observatory for Human Rights sluit die dodetal 92 lede van die Droese-minderheid in, waarvan 28 burgerlikes is, met 21 wat deur regeringsmagte tereg gestel is. Ten minste 138 Siriese sekerheidspersoneel is dood, en ook 18 geallieerde Bedoeïenvegters. Die minister van Verdeging van Israel, Israel Katz het ‘n beroep op Sirië gedoen om die Droese met rus te laat en belowe om met militêre aanvalle voort te gaan totdat dit gebeur.
Ten minste 248 dood in gevegte in Sirië tussen die Droese-minderheid en regeringsmagte