# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in Ekurhuleni, Gauteng, sê alle taxi-bedrywighede is hervat na gister se tydelike opskorting. Dit is gedoen om te betoog teen herhaalde beslagleggings op voertuie, hoë fooie om dit terug te kry en staatsowerhede se stadige lisensiëringsprosesse. Santaco se provinsiale sekretaris, Zweli Mnisi, het pendelaars om verskoning gevra vir die ongerief. Hy sê bestuurders bly verbind tot diens terwyl hulle met die regering praat oor ‘n regverdige lisensie-stelsel: