# Die taxibedryf in die Wes-Kaap waarsku oor moontlike tariefverhogings namate brandstofpryse aanhou styg. Dit volg te midde van die aankondiging dat die petrolprys Woensdag met drie-rand-27-sent per liter styg, en diesel met ses-rand-19-sent per liter. Verenigings sê hierdie verhogings plaas ernstige druk op operateurs. Hulle erken pendelaars worstel reeds met hoë lewenskoste en meeste sal die uitwerking voel, maar sê die tariefaanpassing is nodig om die sektor finansieel lewensvatbaar te hou.
Taxi-tariefverhogings dreig in Wes-Kaap