# Taiwan se president, Lai Ching-te, het sy reis na Eswatini gekanselleer waar hy die 40ste herdenking van koning Mswati se troonbestyging sou bywoon. Hy het China daarvan beskuldig dat hulle druk geplaas het op die Seychelle, Mauritius en Madagaskar om toestemming terug te trek dat sy vliegtuig oor hul gebiede mag vlieg. Taiwan se presidentskantoor sê die dwang-optrede om lande hul besluite deur intimidasie te laat verander, skend internasionale reëls en ondermyn die streek se status quo. Die voormalige Swaziland is Taiwan se enigste diplomatieke bondgenoot in Afrika.
Taiwan se president kanselleer reis na Eswatini weens terugtrekking van vlugpermitte