# Die jongte huishoudelike bekostigbaarheidsindeks, wys dat basiese belasting-vrye voedsel steeds styg, met nul-koersvoedsel wat die afgelope jaar met 4,1-persent gestyg het. Volgens die indeks het die koste van die huishoudelike kosmandjie van twee-duisend-775-rand per maand tot twee-duisend-889-rand gestyg. Stapelvoedsel soos mieliemeel, rys, en kookolie se pryse het gestyg. Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity […]
# Business Leadership South Africa prys die verbetering in die verhouding tussen die regering en die privaatsektor. Die organisasie sê die verhouding het gevorder vanaf klagtes en beloftes na tasbare uitkomste. BLSA het die agterstand in visums wat uit die weg geruim is, uitgelig as een van die regering se prestasies. BLSA het ook vir […]
# Die DA-woordvoerder, Jack Bloom, sê die DA eis dat Gauteng se departement van Gesondheid nie langer van maatskappye koop wat met die Tembisa-hospitaal bande het en wat tot die moord op die fluitjieblaser Babita Deokaran gelei het nie. Hy sê dit is skandalig dat die ANC se tesourier-generaal in Ekurhuleni, Sello Sekhokho, 55 kontrakte […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê baie skole beskik nie oor die hulpbronne om Kodering en Robotika as vakke in te stel nie. Sy sê die departement van Basiese Onderwys gaan nié Kodering en Robotika verpligtend maak in skole nie. Die departement het sy Jaarlikse Prestasieplan vir die 2025/2026-boekjaar uitgereik. Dit sluit […]
# Die Stad Kaapstad sê hy herinner huishoudings om maandelikse munisipale dienskoste te verminder omdat nuwe tariewe en eiendomsbelasting môre van krag word. Huishoudings gebruik in die winter gewoonlik meer elektrisiteit met verwarmers en warmwatertoestelle. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die groter verbruik raak elektrisiteitsrekeninge:
# Die GOOD-party in Tshwane sê die voorsiening van veilige en betroubare kraanwater word ʼn werklikheid vir inwoners van Hammanskraal. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het gister die voltooide tweede fase van die Klipdrift-watersuiweringsaanleg oorhandig. GOOD-woordvoerder Sarah Mabotsa sê toegang tot skoon water en ʼn gesonde omgewing is die grondwetlike reg van […]
# The latest household affordability index has revealed that prices of basic tax-free food items are rising, with zero-rated foods up by 4.1-percent over the past year. According to the report the cost of a household food basket rose from two-thousand-775-rand to two-thousand-889-rand. Staple items like maize meal, rice, and cooking oil are among those […]
# Die Stad Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Hannes Coetzee, het die oorhandiging van elf nuwe motorfietse aan die stad se metropolisie verwelkom. Hy sê dit sal ontplooi word as deel van uitgebreide pogings om veiligheid in die voorste linies te verbeter, veral in gebiede met hoë risiko’s en druk verkeer waar vinnige reaksie en […]
# Die DA sê hy is bekommerd oor die skokkende toestande van die Ezibeleni-skool vir fisiek gestremdes in Katlehong, Gauteng. Die party sê kinders moet by die klaskamers inkruip omdat daar nie rolstoeltoegang is nie. Bronwynn Engelbrecht van die DA vra dringende optrede, insluitend dat die skool hervestig en kritieke poste gevul word. Sy vra […]