# Minister of Electricity and Energy, Kgosientsho Ramokgopa, is leading a high-level delegation to the South Africa–China Electricity and Energy Investment Conference in Beijing this week. The delegation is aiming to accelerate delivery of the 2.2-trillion-rand Integrated Resource Plan investment pipeline, moving from strategy to implementation. Cabinet also recently approved long-awaited electricity reforms, including a […]
# Die sewe lidlande van die Organisasie van Petroleum-uitvoerlande en sy bondgenote, bekend as OPUL-plus, het ooreengekom om olieproduksie volgende maand te verhoog. Dit is weens die voortslepende ontwrigting in die Seestraat van Hormoes waardeur sowat 20-miljoen vate olie vervoer is voor die oorlog tussen Amerika en Iran uitgebreek het. Die olieproduserende groep sal die daaglikse […]
# The seven member countries of the Organisation of Petroleum Exporting Countries and its allies, known as OPEC Plus, have agreed to increase oil production next month. This is due to the continued disruptions in the Strait of Hormuz, through which about 20 million barrels of oil transited before the US-Iranian war began. The oil-producing group […]
# Rugby: Nieu-Seeland se plaasvervanger-kaptein, Codie Taylor, sê hulle het geen illusies oor die uitdaging om die wêreldkampioen-Springbokke tuis aan te pak nie. Hy voer die span aan tot die gereelde kaptein, Ardie Savea, by die groep aansluit voor die eerste toets op Elllispark die 22ste. Die All Blacks se toer van agt wedstryde skop […]
# Rugby: Stand-in New Zealand captain Codie Taylor says they are under no illusion about the challenge of facing the world champion Springboks on home soil. He stands in until regular captain Ardie Savea links up with the team ahead of the first Test at Elllis Park on the 22nd. The All Blacks will open […]
# Die Amerikaanse akteur Vincent Pastore, wat Salvatore “Big Pussy” Bonpensiero in die trefferreeks The Sopranos vertolk het, is op 80-jarige ouderdom oorlede. Volgens CBS News is Pastore in sy huis in die Bronx in New York gevind en daar is geen aanduiding van vuilspel nie. Pastore het Tony Soprano se beste vriend gespeel wat […]
# Padwedlope: Die Comrades Marathon-vereniging sal amptelik voortgaan met die 2027-wedloop sonder Atletiek Suid-Afrika of KwaZulu-Natal Atletiek. Na ‘n paar maande van onderonsies en vergaderings het die lede van die marathonvereniging gisteroggend tydens ‘n spesiale algemene vergadering gestem om voort te gaan sonder affiliasie met KZNA en ASA deur assosiasie. Dit beteken dat die hele […]
# Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, moedig stemgeregtigde Suid-Afrikaners aan om vandag as liesers te registreer vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Hy het tydens die ANC se kieserregistrasieveldtog in Madibeng, buite Brits in Noordwes, gesê alle Suid-Afrikaners moet betrokke raak by landsake. Hy sê baie jongmense ervaar probleme met dienslewering en gebrekkige werksgeleenthede:
# Die IVP doen ‘n beroep op elke stemgeregtigde Suid-Afrikaner wat nog nie as kieser geregistreer is nie, om gebruik te maak van die laaste dag van Kiesersregistrasienaweek Hy waarsku dis die laaste geleentheid om te registreer voordat die kieserslys sluit. Die IVP-woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê sodra die verkiesingsdatum amptelik aangekondig en in die Staatskoerant […]