# Die Tafelberg-sweefspoormaatskappy nooi Suid-Afrikaners uit om Erfenisdag te vier met geur en plesier by die Erfenis-braaidag, vandag van 11vm tot 5nm. As gevolg van die ongunstige weer, is die sweefspoor gesluit, maar feestelikhede vind plaas by die laer sweefspoorstasie met kos, pryse en vermaaklikheid. Die uitvoerende hoof, Selma Hercules, sê Erfenisdag gaan oor eenheid en samesyn, en besoekers sal die atmosfeer geniet, pryse kan wen en ‘n gratis boereworsrolletjie kry.
Tafelberg-sweefspoormaatskappy bied ‘n Erfenis-braaidag by die laer-sweefspoorstasie aan