# Swem: Die Olimpiese kampioen, Tatjana Smith, het ʼn aanmaning aan Swem Suid-Afrika gerig en eis die betaling van rente op prysgeld wat na bewering al meer as ʼn jaar lank teruggehou word. Sy beweer Swem Suid-Afrika hou rente terug teen die huidige koers op 560-duisend-rand en 650-duisend-rand prysgeld wat sy by die 2023 Wêreld Watersport-kampioenskap in Japan verdien het. Smith het by die kampioenskappe goud en silwer in die 200- en 100-meter borsslag gewen. Hurter Spies Attorneys, wat Smith verteenwoordig, het SSA tien dae tyd gegee om te reageer.
Swem: Tatjana Smith beskuldig Swem Suid-Afrika dat hy prysgeld en die rente daarop terughou