# Swem: Die Suid-Afrikaanse swemmer Rebecca Meder het haar vierde bronsmedalje tydens die laaste been van die Wêreldbeker-reeks in Toronto, Kanada, verower. Die 23-jarige van KwaZulu-Natal het derde geëindig in die 100 meter borsslag met ‘n tyd van een-minuut-4-komma-48-sekondes. Meder, wat aan al drie byeenkomste van die reeks deelgeneem het, was algeheel 16de. Sy sê sy is tevrede met haar bestendigheid en mededingendheid en verskuif nou die fokus na volgende jaar se Statebondspele in Glasgow.
Swem: Rebecca Meder van SA wen haar vierde brons in Wêreldbeker-finale