Skip to content

Swem: Pieter Coetzé en Kaylene Corbett van SA deur na die halfeindrondes in Singapoer

# Swem: Pieter Coetzé van Suid-Afrika is deur na die halfeindronde van die 200-meter-rugslag op die Wêreld-watersport-kampioenskap in Singapoer. Die 21-jarige, wat pas goud in die 100-meter-rugslag gewen het, het in een-minuut 57,11-sekondes gekwalifiseer. Kaylene Corbett het met ‘n kragtige poging die 200-meter borsslag vir vroue in ‘n tyd van twee-minute-25,1-sekondes afgelê – die derde vinnigste in die derde uitdun. Becky Meder en Erin Gallagher kon nie daar in slaag om na die volgende ronde deur te dring in onderskeidelik die 200-meter borsslag en die 100-meter vryslag nie.