Skip to content

Swem: Coetzé voeg silwer by sy goud en Corbett wen brons in Singapoer

# Swem: Die Suid-Afrikaanse swemmer, Pieter Coetzé het ‘n silwermedalje in die 200-meter rugslag by die Wêreldwatersportkampioenskap in Singapoer verower, wat hy by sy goue medalje in die 100-meter kan voeg. Dit was a ‘n goeie dag vir Suid-Afrikaners met Kaylene Corbett wat ‘n bronsmedalje in die 200-meter borsslag verower het. Coetzé het weer ‘n Afrika-rekord opgestel, maar dit was nie goed genoeg om die Hongaar, Hubert Kos, daarvan te weerhou om die goue medalje met ‘n Europese rekord in te palm nie.