# Swem: Die Australiese Olimpiese kampioen Mollie O’Callaghan het aangekondig sy is verlede maand aangesê om onmiddellik op te hou swem weens ruggraatstresfrakture, maar mag aan volgende week se Statebondspele deelneem. Die heersende Olimpiese kampioen in die 200 meter-vryslag, sê skanderings het stresfrakture in die onderste deel van haar ruggraat getoon, waarna haar span die raad van ‘n ruggraatspesialis ingewin het. O’Callaghan het ingeskryf vir drie individuele items in Glasgow, asook verskeie vroue- en gemengde aflosse, maar gesinspeel haar skedule kan dalk verander.
Swem: Australiese swemmer Mollie O’Callaghan onthul sy het stresfrakture in haar ruggraat