# Swem: Veertien swemmers sal Suid-Afrika van môre af by die Wêreld-watersportkampioenskap in Singapoer verteenwoordig. Die enigste Suid-Afrikaner wat ‘n medalje op verlede jaar se Wêreld-swemkampioenskap gewen het, Pieter Coetzé, sal die land se aanslag lei nadat hy pas drie medaljes verower het op die Wêreld-universiteitspele. Erin Gallagher, ook van die Universiteit van Pretoria, sal deelneem aan die 50- en die 100-meter-vlinderslag, asook die 100-meter-vryslag. Kaylene Corbett en Rebecca Meder sal Suid-Afrika in die 200-meter-borsslag verteenwoordig.
Swem: 14 swemmers verteenwoordig SA by Wêreld-watersportkampioenskap in Singapoer