# Sokker: Mamelodi Sundowns se droom om die laaste-16 van die FIFA Klub-Wêreldbekertoernooi te bereik, is vanaand in die weegskaal wanneer hulle teen die Brasiliaanse reus, Fluminense, speel in ‘n deurslaggewende Groep F-wedstryd in Amerika. ‘n Oorwinning sal verseker dat hulle deurgaan, maar as Dortmund met Ulsan HD afreken, sal ‘n gelykop-uitslag moontlik nie genoeg wees nie Fluminense het slegs een punt nodig om deur te dring en afrigter Renato Gaucho sal tevrede wees met ‘n gelykop-uitslag. Sundowns se breier, Miguel Cardoso, sê egter hulle speel om te wen.
Sokkers: Sundowns moet Fluminense klop om na laaste 16 deur te dring