Skip to content

Sunday Times-redakteur op spesiale verlof na SOE ondersoek oor loteryverwante befondsing

# Die redakteur van die Sunday Times, Makhudu Sefara is op spesiale verlof geplaas nadat die Spesiale Ondersoekeenheid hom verbind het met beweerde misbruik van loteryverwante befondsing. Die SOE sê ongeveer 1,5-miljoen-rand wat bedoel was vir ‘n media-ontwikkelingsprojek is gebruik vir privaat doeleindes, insluitend betalings aan ‘n maatskappy wat in Sefara se naam geregistreer is. Die koerant se eienaars, Arena Holdings, het ‘n onafhanklike ondersoek van stapel gestuur. Sefara ontken enige oortreding.