Skip to content

Suliman Carrim bly in aanhouding ondanks borgtog

# Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, bly in aanhouding al is borgtog van 100-duisend-rand aan hom toegestaan ​​in ‘n afsonderlike saak wat met die Madlanga-kommissie verband hou. Carrim sal na verwagting Vrydag in die Musina-Landdroshof om borgtog aansoek doen waar hy ook teregstaan op aanklagte van poging tot diefstal, bedrog, die gebruik van vervalste dokumente en geldwassery. Carrim word beskuldig van sameswering met werknemers om twee voertuie wat Absa befonds het, met behulp van vervalste bankdokumente via Zimbabwe na Malawi te probeer smokkel. Die voertuie is by die Beitbrug-grenspos onderskep.