Skip to content

Suid-Afrikaners aangemoedig om slim spaargewoontes toe te pas tydens Nasionale Spaarmaand

# Suid-Afrikaners word aangemoedig om gesonde spaargewoontes toe te pas tydens Nasionale Spaarmaand. Kenners sê meer spaargeld bevorder beleggings en sal die ekonomie laat groei. Hoë werkloosheid en stygende lewenskoste maak dit egter vir talle mense moeilik om te kan spaar. Mense word aangemoedig om te begroot, skuld te verminder en bykomende werk of aftree-annuïteite te oorweeg. Die 50-30-20 begrotingsreël word aanbeveel, waarin 50-persent van inkomste aan behoeftes bestee word, 30-persent aan begeertes en 20-persent aan spaargeld. Die sleutel is om van jongs af finansiële geletterdheid te kweek.