# Suid-Afrikaanse belastingbetalers word gewaarsku om bewus te wees van moontlike swendelary aangesien belastingseisoen piektyd vir bedrieërs is. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Bedrogbeskermingsdiens, Jonathan Faurie, sê bedrieërs boots die e-posse, SMSe en oproepe van die Suid-Afrfikaanse Inkomstediens na om persoonlike inligting of geld te steel. Algemene taktiek sluit in uitvissing, nabootsing, vals terugbetalingswebwerwe, en die kaping van eFiling-profiele. Faurie doen ‘n beroep op die publiek om nie aanmeld- of bankbesonderhede te deel nie, verdagte skakels te vermy, en SARS-kommunikasie slegs met amptelike kanale te verifieer. Slagoffers moet bedrog dadelik by hulle banke, SAID en die SAPD aanmeld.
Suid-Afrikaanse Bedrogbeskermingsdiens waarsku oor belastingswendelary tydens invorderingseisoen