# Suid-Afrika se Grondwet is vandag 30 jaar gelede deur die Grondwetlike Vergadering aanvaar en oudpresident Nelson Mandela het dit later onderteken. Dit was ‘n mylpaal in die land se oorgang van apartheid na ‘n grondwetlike demokrasie op grond op menseregte, gelykheid en die oppergesag van die reg. Die Grondwet bly die grondslag van staatsbestuur in die land. Die regering sê hy besin oor die vordering wat gemaak is, terwyl dit ook erkenning gee aan voortdurende uitdagings soos armoede, ongelykheid en werkloosheid.
Suid-Afrika vier 30 jaar van grondwetlike demokrasie