# Suid-Afrika het verlede maand amper een-miljoen internasionale toeriste verwelkom, met meer as 991-duisend besoekers wat aangeteken is. Dit is ‘n toename van 12,5-persent in vergelyking met Julie verlede jaar. Van Januarie tot Julie het meer as 6,5-miljoen internasionale toeriste die land besoek, ‘n styging van 12,4-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê die groei kom van ‘n wyer reeks markte, terwyl die regering steeds toerisme bevorder deur middel van digitale visums en die elektroniese reismagtigingstelsel.
Suid-Afrika verwelkom nagenoeg een-miljoen internasionale toeriste in Julie