# Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die regering het Dame Mariéme Jamme aangetsel as spesiale gesant vir tegnologie en kunsmatige intelligensie. Departementele woordvoerder, Cassius Selala, sê dit versterk Suid-Afrika se visie van ‘n digitaal inklusiewe samelewing waar tegnologiese innovasie geleenthede, gelykheid, ekonomiese deelname en volhoubare ontwikkeling dryf. Dame Mariéme Jamme sal dien as ‘n globale verteenwoordiger en betroubare raadgewer, wat Suid-Afrika se betrokkenheid by regerings, multilaterale instellings, akademici, beleggers en bedryfsleiers ondersteun.
Suid-Afrika stel Dame Mariéme James aan as spesiale gesant vir tegnologie en kunsmatige intelligensie