Skip to content

Suid-Afrika se jongste gas-tot-krag-verkryging eindig sonder enige voorkeur-bieërs

# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê geen voorkeur-bieër is aangestel in die eerste bod-venster van Suid-Afrika se verkrygingsprogram vir onafhanklike gas-kragprodusente nie. Dit volg nadat nie een voldoen het aan die verpligte funksionele kriteria om die gasvoorsieningswaarborge te verskaf wat die tender vereis nie. Die program se mikpunt was om twee-duisend megawatt gas-aangedrewe elektrisiteitsopwekking te bekom. Ramokgopa beklemtoon dat die regering nie afsien van sy gas-tot-krag doelwitte nie, en sê dis nodig vir die infrastruktuur-, kommersiële en institusionele voorwaardes wat vereis word om mark-belangstelling om te skakel in lewensvatbare en uitvoerbare projekte.