# Suid-Afrika sal van vandag tot Woensdag ‘n historiese byeenkoms vir wêreldwye water- en sanitasieleiers in Johannesburg aanbied. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sal die dialoog lei, as die begin vanhoëvlak-betrokkenheid aandui om nuwe oplossings vir watersekerheid en -sanitasie regoor Afrika en die Globale Suide te bevorder. Die departement sê meer as een-duisend-500 afgevaardigdes van regoor die vasteland en die breër Globale Suide sal dit bywoon, insluitend regeringsleiers, waternutsbestuurders, navorsers, jeuginnoveerders, burgerlike samelewingsorganisasies en vennote in die private sektor.